Borge vir SWD LSEN Rugby


Indien jy belang stel om die SWD LSEN Rugby te borg kontak Stanley Kruger die SWD LSEN Rugby Voorsiter op 072 201 2330

Stanley Kruger:

“Ons SWD LSEN is alle skole wat kinders het met leerprobleme of baie swak presteer op akademiese gebied.  Daar was vier skole in die SWD Gebied, nl.  Van Kervel skool in George, Olympia in Pacaltdorp, Die Bult in George en Oudsthoorn Vaardigheid in Oudsthoorn natuurlik.  Intussen het Die Bult toegemaak soos ons is drie wat oorbly.

Ons is vaardigheidskole en bied onder andere Paneelklop, bou , huishoudkunde, Haarkappery ens. aan.  Ons kinders makeer fisies niks en is top atlete en sportman en vroue.  Maar ons kry nie die blootstelling van borge soos ons ander skole in Hoofstroom skole nie.  In die hoofstroomskole is baie werkende ouers en welgestelde mense wat ander mense ken, maar nie by ons nie.  Seker 90 % van ons ouers het nie werk, of eers huise nie.  Ons kinders veral by ons skool is baie hulpbehoewend en betaal nie eers die R40-00 skoolgeld per maand wat ons vra nie.

Ek kan nie vir ‘n borg belowe om vir hom adresse of enige tipe blootstelling te gee nie want my ouers kan almal nie eers behoorlik lees en skryf nie.  Ja in van die skole soos Van Kervel gaan dit beter maar dit is die uitsondering.

Wat die rugby betref soos die Hoofstroomskole elke jaar ‘n Cravenweek het , so het ons ‘n Cravenweek waar alle provinsies se LSEN skole teenmekaar meeding.  Dit is die jaar die 35 ste LSEN Cravenweek en word in Pretoria aangebied vanaf die 27 Junie tot die 1 Julie.

Meeste van die goed help die Arende Rugby-unie ons, net soos die gewone skole.  Ons kry ‘n broek, truie en sweetpak met ‘n togbag.  Ons moet egter die fooi betaal wat hulle ons vra om daar tuis te gaan en die kos vir die 22 kinders en 4 beamptes.  Dit beloop totaal van so R15 000-00 vir hele span vir die week.  Ons moet ook die oefenkamp betaal wat ons hou die naweek voor die cravenweek begin om die ouens bymekaar te kry en reg te kry vir die Cravenweek.  Dan probeer ons vir die kinders uitstappies reel en ons betaal en ons het ook verlede jaar vir elke kind R30-00 per dag sakgeld gegee.

Die vervoer betaal die Arende Unie gewoonlik, maar ek wil die jaar die kinders opvlieg na Johannesburg en daar met een van die skole reel om hul busse te huur vir die week, dink net nie een van ons kinders sal ooit weer maklik in ‘n vliegtuig ry nie.  Soos die Unie het gese hulle sal ‘n gedeelte gee as ons ook ‘n gedeelte insamel.

Dit is in kort ons LSEN se planne vir die 2016 Cravenweek na die Bulle toe.

Ons benodig enige geldelike hulp, nou net van die Garden Route Mall ‘n email gekry en gese jammer hulle kan nie weer die jaar ‘n R5000-00 bydrae lewer nie.

Ja dit het verlede jaar maar sukkel sukkel gegaan maar daar was ‘n vrou in Oudsthoorn wat gese het sy sal help van die Besigheidskamer, Helen Butler en sy het wonders gedoen.  Hierdie jaar het sy weer ingestem om haar gewig agter my te gooi en in daardie streek te kyk wat sy kan kry.

Ek gaan as voorsitter alles die jaar insit, dit is my laaste jaar as voorsitter en ek wil alles in my vermoee doen om dit vir die kinders onvergeetlik te maak.

As jy nog inligting nodig het skakel of mail my gerus stanleykruger0@gmail.com”

rugby ball on grass


You might also like these articles: