Tlamela Community Aid – Fondswerwing en Bemarkingswerkswinkel


Tlamela Community Aid bied 9 Maart 2017 ‘n fondswerwing en bemarkingswerkswinkel aan in Stellenbosch. Die werkswinkel fokus daarop om organisasies en instellings (wat ten volle of gedeeltelik afhanklik is van befondsing) op te lei in fondswerwing en bemarking.

Hierdie een dag kursus word deur Chris Windell, wat meer as 40 jaar se ondervinding in fondswerwing het en verskeie boeke oor die onderwerp geskryf het, gelei. Hy word ondersteun deur kommunikasie- en bemarkingskundiges.

Die kursus hanteer verskeie aspekte van fondswerwing insluitend tegnieke, die skryf van voorleggings, wat korporatiewe instansies en donateurs van fondswerwers verwag, sowel as ‘n fokus op sosiale media.

Hierdie kursus beloop R1600 per persoon. Ek weet dat Sakekamers beslis hierby sal kan baat en sal enige tyd meer inligting deurstuur, indien dit verlang word. Besoek ook gerus ons webblad www.tlamela.co.za.


You might also like these articles: