Mossel Bay Business Chamber The Voice of Business in Mossel Bay
AHi-direksie gesels oor 2021 in direksievergadering!

In vandeesweek se nuusbrief deel ons die jongste koronavirussyfers met jou.

Ons deel ook ’n inspirerende storie deur ’n spog-entrepreneur uit Clanwilliam wat verlede jaar ’n finalis van hulle Entrepreneur van die Jaar-kompetisie was. Verder in die nuusbrief deel ons goeie nuus vir besighede wat Covid-lenings aangegaan het, maar waarsku besighede ook oor oudits wat mag gebeur. Ons kyk ook na ’n wêreld na Covid-19 en ondersoek hoeveel kleinsake-ondernemings die pandemie oorleef het.

Later in die nuusbrief deel ons ook ander entrepreneuriese leesstof en noodsaaklike sakenuus met jou.

Hou ook ’n ogie uit vir ons nuus uit ons sake-organisasies, ’n sakehulpyn wat jy kan kontak en vele meer. 

Lees dit alles in ons volledige nuusbrief hier onder.

Die direksie van die AHi het Woensdagoggend by die Kaapstad Internasionale Lughawe vergader om oor dié organisasie se planne vir vanjaar te gesels.

Dr. Willie Cilliers, Richard Shumi, Ilse Lochner en Albert Geldenhuys het byeengekom vir dié gesprek. Ivor Price het verskoning gemaak.

Hier is al die inligting wat bespreek is:

Die AHi ondersoek die moontlikheid om ’n algemene jaarvergadering in mid-2021 te hou. Die Algemene Jaarvergadering sal heel moontlik in persoon - met ’n beperkte aantal gaste  - aangebied word, maar die moontlikheid word ook ondersoek om dit via Zoom te hou - afhangend van die koronavirusinfeksiekoers.

Die AHi se waardepakkette is byna klaar, en ons poog om dit volgende maand aan die publiek bekend te stel. Die doel van die pakkette is om entrepreneurs te bemagtig om hulle eie besighede te begin - en ons sal jou elke stap lei!

Die AHi is opgewonde oor ons “Red 10 dorpe”-projek wat binnekort afskop. Meer inligting sal in die komende maande bekendgemaak word.

Die AHi ondersoek die moontlikheid om ’n PraatSaam digitale konferensie later vanjaar aan te bied. Dié sektor-gedrewe gesprek sal virtueel plaasvind en die AHi sal rolspelers nooi om hulle insette te gee. Hou die AHi se nuusbriewe dop vir ’n amptelike aankondiging.

Jy kan die AHi by 
info@ahiwc.com kontak vir enige navrae.

Suid-Afrika is vir die afgelope 393 dae in ’n harde inperking. Suid-Afrika staan tans op meer as 1,5-miljoen positiewe koronavirusgevalle en meer as 53 700 Covid-19-verwante sterftes. Meer as 10 miljoen Suid-Afrikaners is al vir die koronavirussiekte getoets.

Suid-Afrika is tans in die eerste fase van sy inentingsuitrolplan met meer as 292 000 gesondheidswerkers wat teen die koronavirussiekte, met die Johnson & Johnson-entstof, ingeënt is. Die uitrolplan is tans op ys, aangesien ondersoek ingestel word oor moontlike newe-effekte, soos bloedklonte.

Volgens Bloomberg is daar al meer as 950 miljoen dosisse van ’n koronavirusentstof in die wêreldwyd toegedien. 

Die wêreld se infeksiesyfer het Donderdag die 141 miljoen-kerf verbygesteek. Meer as 3 miljoen sterftes is ook reeds wêreldwyd aangemeld.

Loer gerus na die grafiek hier onder:

Die aansporing van R100 miljard wat die staat deur banke aan klein ondernemings bied, gaan met nog drie maande verleng word. 

Die leningwaarborgskema, wat op 21 April 2020 deur pres. Cyril Ramaphosa aangekondig is as deel van die R500 miljard-stimuluspakket om die ekonomie aan te spoor, is bedoel om klein ondernemings te ondersteun wat finansiële stres ervaar as gevolg van die Covid-19-pandemie.

Klik 
hier om meer te lees.

Clanwilliam Sakekamer het in hulle nuutste nuusflits met Mandi Louw, eienaar van Blouwdruk, gesels.

As jong entrepreneur het sy vining geleer dat jou kliënt die belangrikste bousteen van jou besigheid is. Deur persoonlike aandag aan haar kliënte te skenk, en baie presies te wees met die finale produk, het Mandi Louw vir haar naam gemaak in Clanwilliam en omgewing.

Sy het op 4 September 2015 met haar eie deeltydse besigheid Blouwdruk begin.

Die naam sinspeel op die bloudruk planne vir ’n nuwe gebou, maar verteenwoordig ook hulle van. Met die ondersteuning van haar man Jakkie, werk hulle aan die begin na-ure en tot laat in die nag om hierdie droom ’n werklikheid te maak. As die werk baie raak, spring hulle dogters ook sommer in.

Mandi glo dat elke kliënt vir jou gestuur word - die wat móét kom, sal kom. Sy geniet dit om deel te wees van elke proses, hetsy dit ’n geskenkie vir ‘n baba of ’n moeder is, of dalk ’n spesiale t-hemp vir ’n begrafnis, of selfs net ’n koffie beker vir ’n kollega.

Blouwdruk het in 2020 deelgeneem aan die Clanwilliam Sakekamer Opkomende skeppende entrepreneurs kompetisie. 

Ons het vir dié gesoute entrepreneur gevra watter raad het sy vir ander entrepreneurs. 

“Werk met oogklappe aan, moet jouself nie met ander vergelyk nie. Moet nooit twyfel in jouself nie, en doen alles na die beste van jou vermoë. Blouwdruk het ontstaan uit nood en deur genade en ek het nooit besef dat ek soveel geleenthede gaan kry om nuwe mense te ontmoet en te deel in elkeen se unieke storie nie."

Klik 
hier om meer in Clanwilliam se nuusflits te lees.

It has been 10 years of hard work, but she will miss her interaction with local business people with whom she has built long-standing and enduring relationships. So says outgoing Chief Executive Officer (CEO) of the George Business Chamber, Ingrid Cronje.

Ingrid is retiring this month and attended her last annual general meeting as CEO on Tuesday 20 April.

Click 
here to read more in George Herold.

Suid-Afrika se 6de demokratiese munisipale verkiesing sal op 27 Oktober gehou word.

Pres. Cyril Ramaphosa het dié aankondiging van die datum vir vanjaar se munisipale verkiesing Woensdagaand gemaak.

Stilbaai Sakekamer is trots op ons lede wat ten spyte van buitengewone ekonomiese uitdagings sedert Maart 2020, steeds voortgaan om uitstaande diens aan ons plaaslike gemeenskap te lewer! 

Die jaarlikse sake-gala plegtigheid “Stilbaai Sakekamer Prestige Toekennings” wat spesifiek gebruik word om  erkenning te gee aan lede wat uitstaande diens lewer, kon as gevolg van die Covid-19 pandemie nie verlede jaar plaasvind nie.  Ons is egter baie opgewonde om mee te deel dat die plegtigheid wel vanjaar gaan plaasvind. 

Die 2021 Sakekamer toekenningsproses:

Die kategorieë is dieselfde as dié wat in 2019 gebruik is (sektor gedrewe).

Drie (3) stemme per kategorie word toegelaat per e-pos adres.

Die proses sal op al die Stilbaai sosiale netwerke bekend gemaak word, plakkate in strategiese plekke in die dorp opgeplak word, en artikels sal in Suid Kaap Forum en Hessequa Nuus geplaas word, ten einde te verseker dat die gemeenskap in Stilbaai kennis neem van die geleentheid om vir hul voorkeur onderneming te stem. 

Klik 
hier om te stem. 

Hierdie week kuier ons by die Sederkem Spar Apteek; maak ’n verskil in ons direkte omgewing; ontvang kennis oor openbare vergaderings vanaf Cederberg Munisipaliteit; en dagboek interessante gebeurtenisse.

Klik 
hier om Clanwilliam Sakekamer se nuusflits te lees.

Met haar vriendelike glimlag en borrelende persoonlikheid kan mens nie help om aangesteek te word deur haar positiwiteit oor die lewe nie. Hierdie week kuier Clanwilliam Sakekamer by die entrepreneur Mandi Louw van Blouwdruk.

Klik 
hier om die volledige nuusflits te lees.

René Malan, skakelbeampte van Mosselbaai Besigheidskamer, het vandeesweek die nuwe bestuur van 2021 van Mosselbaai Besigheidskamer bekendgemaak.

VOORSITTER                                      LORETTE GROBBELAAR

VISE VOORSITTER                             WERNER KOCK

TESOURIER                                         KELLY FOURIE-BARNARD

SEKRETARIS                                        RENE MALAN

LEDE                                                      ALBERT WIFFEN

                                                                MARIKA THOMATOS

                                                                JOHAN LOCHNER

                                                                FANUS TRUTER

                                                                EMILE NEL

Die AHi wens die besigheidskamer alle sterkte toe met 2021. Baie geluk aan hulle nuwe bestuur!

As deel van die Oudtshoorn Business Chamber se ledevoordele, is hulle baie opgewonde oor hul eerste nuusbrief. 

Dié nuusbrief sal elke Woensdag aan hul lede gestuur word. Jy kan gerus na die nuusbrief 
hier loer.

Jy kan ook hul tweede nuusbrief, wat 21 April uitgestuur is, 
hier lees.

Talle sakekamers regoor die Wes-Kaap het oor die volgende paar weke hulle algemene jaarvergadering.

Hier is ’n belangrike geleentheid op die AHi se almanak vir die maand:


Donderdag, 29 April 2021: Weskus Sakekamer se Netwerksgeleentheid om 19:00 te Blue Bay Lodge. Tema: ’n Aand met SA 7’s Legendes.

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het Donderdag in sy weeklikse digitale mediakonferensie ’n oorsig gegee oor die Wes-Kaap se hantering van die koronaviruspandemie.

Jy kan die volledige gesprek kyk deur 
hier te klik.

The trade landscape is changing. Thanks to the latest technology and innovations, small as well as large businesses can take advantage of opportunities across regional and global value chains. But regionally, firms continue to face challenges, from trade barriers to commercial compliance, and there are added hurdles for many women entrepreneurs.

Considering also the dire economic and trade impacts of the COVID-19 pandemic, Trade Forward Southern Africa is a UK government funded programme that operates across the countries of the Southern African Customs Union (SACU) and Mozambique to support the business community in the region by giving companies the opportunity to boost trade across and beyond Southern Africa, including to the UK, generating inclusive, women- centred growth.

The webinar is aimed at export-capable businesses across Botswana, Eswatini, Lesotho, Mozambique, Namibia and South Africa. TFSA will demonstrate the tools and facilities brought together in the TFSA Trade & Information Hub that businesses can use to identify potential export markets, and the customs duties, rules, regulations and standards they must meet in export markets.

The webinar will cover valuable information, knowledge, resources, tools and facilities on global markets and especially will also identify and demonstrate key information resources for export to the UK since the UK has left the European Union and an economic partnership agreement between the UK and these countries has come into play since 1 January 2021.

Export capable firms will be shown how to find information at a detail level, specific to their particular products and countries targeted for export, going beyond the broad overview of trade agreements and rules in general.

The webinar will also provide information on other TFSA initiatives in selected Value Chains & support to women in export.

The webinar will be held on the 29th April 2021 at 11:00-12:00 free of charges and the vast bulk of information and tools that will be demonstrated in the TFSA. Numbers are limited so register click the link, https://qkt.io/TFSA.

Suid-Afrikaners meen hulle gaan selfs ná die Covid-19-pandemie byna die helfte so gereeld uiteet of vlieg as vóór die pandemie. Hulle gaan ook ’n derde minder gimnasium toe. 

Dis hoe verbruikers nou voel, volgens ’n peiling wat Deloitte elke maand sedert September onder Suid-Afrikaanse verbruikers doen.

Klik hier om meer te lees.

Sakevertroue was in Maart vanjaar hoër as ’n jaar gelede selfs nog voordat ’n ramptoestand en inperking afgekondig is, toon die jongste indeks van die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid (Sacci).

Die organisasie se indeks van sakevertroue vir Maart 2021 was vier punte hoër as Maart 2020 s’n en was 13,2 punte hoër as ses maande vantevore.

Klik hier om meer te lees.

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het die nasionale ramptoestand weens die koronaviruspandemie tot 15 Mei verleng.

Die huidige inperkingsmaatreëls sal tot dan geld.

Companies who have received money through the Covid Temporary Employer-Employee Relief Scheme (TERS) may be selected for audit, says Ruth Maforimbo, EY’s EMEIA senior manager for People Advisory Services.

The Covid-19 TERS relief was part of the South African government relief scheme, which made available approximately R65 billion for payments to millions of workers.

Maforimbo said that the Department of Labour has now appointed forensic auditors to verify companies’ TERS claims.

Click here to read more.

Last week, I visited the Port of Durban to see for myself the work being done to make the port more efficient and competitive.

After a briefing with the senior management of Transnet, I toured the harbour in a pilot boat, which is usually used to guide large ships through the entrance channel to the pier.

Seeing the workings of the port from the water, one is reminded of its vast scale and complexity. As we left the pier, we watched the African Finch, an enormous vessel laden with over 30,000 tonnes of timber, depart from the terminal. A vessel of this size carries immense economic value, and many such vessels pass through the port every day.

Click here to read the President’s full newsletter.

The AHi compiled a few inspiring entrepreneurial stories for you to read during this on-going pandemic. Simply click on the link below:

6 of the Most Profitable Small Businesses in South Africa

Hiring Virtual Assistants is the 'New Normal'

Elon Musk Suggests in Tweet That Tesla Could Be Bigger Than Apple in a Few Months

4 Places to Find Your Next Big Idea

The City of Cape Town has greenlit the R4 billion River Club mixed-use development, which will be the new home of retail giant Amazon in Africa.

The development design intends to create a 150,000 square metre mixed-use space, divided into commercial and housing uses across two precincts. The developer intends 31,900 square metres to be used for residential purposes.

The city said that the development will include both market-driven and affordable housing opportunities – the latter of which will be physically integrated with the other residential units in the apartment complexes.

It is envisaged that 5,239 jobs will be created in the construction phase alone. The project will also create up to 19,000 indirect and induced jobs, it said.

Click here to read more.

A mapping tool developed by travel website Skyscanner shows that as of 18 April, South Africa has 84 ‘major restrictions’ from other countries in place.

These countries have suspended travel, may be closed to entry, or entry may only be possible if you are a citizen/meet strict entrance requirements.

By comparison, there are currently 68 moderate restrictions in place on South Africa, where travel is possible, but only if travellers meet certain entry requirements which can include taking Covid-19 tests.

Just two countries have ‘low-risk restrictions’ meaning that travellers likely won’t have to face enforced quarantine periods. This includes the Dominican Republic and Costa Rica.

A number of countries have also indicated that travellers from South Africa will be barred from entering – a sign that the country could be facing reputational damage as a result of the 501Y.V2 variant of Covid-19, which has been referred to as the “South African variant” abroad.

Click here to read more.

The AHi compiled a few inspiring entrepreneurial stories for you to read during this on-going pandemic. Simply click on the link below:

6 of the Most Profitable Small Businesses in South Africa

Hiring Virtual Assistants is the 'New Normal'

Elon Musk Suggests in Tweet That Tesla Could Be Bigger Than Apple in a Few Months

4 Places to Find Your Next Big Idea

Jy kan altyd op die AHi se knoppie druk! Dit is in die AHi se visie om hul intekenaars en hul besighede by te staan in moeilike tye en hoop te gee in 'n tyd waar die moontlike selfs onmoontlik mag voel.

Daarom wil ons graag vandag ons intekenaars aanmoedig om gebruik te maak van ons WhatsApp-nommer indien u enige besigheidsadvies of raad benodig gedurende die inperkingstyd.

Ons beloof om u met waardevolle inligting te verskaf of om u na die regte kanale te verwys.

Stuur ons 'n WhatsApp-boodskap by 079 592 5949.

 

 

 

Modify your subscription    |    View online
Mossel Bay Business Chamber
C/O Church & Market Str, Mossel Bay, 6506