Met die see amper rondom jou en die Kaapse seelug bokant jou, is ATKV-Hartenbos beslis jou antwoord vir die perfekte gesinsvakansie en bied meer as wat ‘n vakansieganger se hart kan begeer.
By ATKV-Hartenbos word elke gas deur pragtige natuurtonele en met ongekende gasvryheid verwelkom. Dit is daarom geen verrassing dat hierdie oord as die ATKV se vakansieparadys bekendstaan nie.
Hartenbos lê op die wêreldbekende Tuinroete tussen Kaapstad en Port Elizabeth, ongeveer 8 km van Mosselbaai en 40 km van George-lughawe.
Asof die natuurskoon nie genoeg rede is om die wêreldbekende Tuinroete jou keuse vir ’n wegbreek te maak nie spog ATKV-Hartenbos ook met ’n verskeidenheid ontspanningsgeriewe, fasiliteite en vermaakaktiwiteite soos ’n pretpark, mini-gholf, 2 spliternuwe Padel bane en nog vele meer. Hartenbos dien ook as die ideale basis vanwaar jy die magdom toeriste-aantreklikhede in die omgewing kan verken, en streef daarna om altyd ʼn veilige en skoon omgewing te bied.
Hierdie pragoord bied verder ook verskillende soorte selfsorgakkommodasie vir elke smaak soos die rondawels, strandhuise, rivieroewerhuise asook verskeie luukse verblyfopsies met bed-en-ontbyt by Seefront solders. Benewens ’n verskeidenheid van akkommodasie-opsies, waar jy per eenheid betaal en nie per persoon nie, is die oord ook ‘n uitsoekplek vir ’n heerlike woonwavakansie. Die magdom kampeerstaanplekke tot jou beskikking is elk toegerus met ’n kragpunt, met ‘n keuse van see-uitsig of nie see-uitsig.